![](images/microphone.jpg)
Best in Class
Holisticly predominate extensible testing procedures for reliable supply chains. Dynamically innovate resource-leveling customer service for state of the art customer service.
Classify It
Handel tussen die Weste en die Ooste het reeds tydens die tydperk van die Romeine en die Grieke bestaan. Gedurende die 13de eeu het die
Westerse beskawing se kennis van die Ooste uitgebrei deur veral die reise van Willem van Ruysbroek en ook Marco Polo. Hierdie reise was meestal
oor land gewees, met veral Lissabon in Portugal as vername handelstad. Die toeganklikheid van die oorlandse handelsweg het gedurende die
middel van die 15de eeu tot 'n einde gekom met die verowerings deur die Ottomaanse Turke. As gevolg hiervan het dit nodig geword om 'n
alternatiewe weg na die Ooste te vind.
Prins Hendrik die Seevaarder (1394 - 1460) van Portugal het 'n groot rol gespeel in die soektog om 'n seeweg na die Ooste te vind. Hy was
oortuig gewees dat 'n seeweg om Afrika na Indië nie slegs moontlik was nie, maar ook noodsaaklik was. Hy is egter in 1460 oorlede, nog voordat
'n seeweg na die Ooste ontdek is. Geïnspireerd deur Prins Hendrik die Seevaarder, was koning João II vasberade om 'n seeweg na die Ooste te vind. Die gevolg was twee ontdekkingsreise
deur Diogo Cão wat tot so ver as Kaap Kruis aan die Namibiese kus vorder.
Op bevel van koning João II, verlaat Bartolomeu Dias Portugal met 3 karvele in Augustus 1487 om 'n seeweg na Indië te vind. By Mina aan die kus van Ghana het hy aangedoen om voorrade aan te vul. Van
hier af is hy tot by die hedendaagse Angolese kus waar 'n voorraadskip in 'n beskutte baai gelaat het. Gedurende Desember vaar hy verby Diogo Cão se Kaap Kruis. Hy vaar dan verder kuslangs
tot verby die hedendaagse Oranjeriviermond. Van hier af vaar hy in 'n Suidwestelike rigting en verloor die kus uit die oog. Later verander hy in 'n Weswaartse rigting - onwetende dat hy
om die Suidpunt van Afrika gevaar het. Later verander hy in 'n Noordwaarse rigting en gooi anker in Mosselbaai op 3 Februarie. So word hy dan die eerste Europeër om voet te sit op wat vandag
as Suid-Afrika bekend staan.
'n Paar dae later vaar hy verder en draai op 12 Maart 1488 by die hedendaagse Kwaaihoek om. Gedurende Desember 1488 arriveer hy weer in Portugal.
Bronne:
1. Geskiedenis van Suid-Afrika. Van der Walt A.J.H., Wiid J.A., Geyer M.A., Kruger D.W. Nasou Beperk. Tweede uitgawe. Vyfde druk.
2. Bartolomeu Dias Museum Complex. https://www.diasmuseum.co.za. Laas besoek op 23 Desember 2019.
3. Dias 88. Souvenir Festival Program. Gedenk-Feesprogram. 1988.
Holisticly predominate extensible testing procedures for reliable supply chains. Dynamically innovate resource-leveling customer service for state of the art customer service.
Classify ItHolisticly predominate extensible testing procedures for reliable supply chains. Dynamically innovate resource-leveling customer service for state of the art customer service.
Test ItHolisticly predominate extensible testing procedures for reliable supply chains. Dynamically innovate resource-leveling customer service for state of the art customer service.
Check Now